Aan't Dorpseind B&B

083 630 9611 | info@aantdorpseind.co.za

Op 1 Augustus 2014 gooi ons pas-gerestoureerde Ou Tronk sy deure oop vir die publiek!!! Hier, onder een dak, kan u "hmm" en "haa" oor alles wat te seien is in die "terug in tyd" winkeltjie; 'n kraakvars broodjie uit hul buite-oond(binne-in) koop; 'n heerlike koppie koffie in die koffiewinkel geniet en die motor se kattebak vol met ons wereld se plantjies laai!!

 

Dis ook die dag waarop Wilna Eloff, botaniese kunstenaar se kunsuitstalling begin - haar nuwe reeks werke van skaars vetplantspesies uit Namakwaland gaan uitgestal word vir 'n paar weke. Sestien kunswerke van endemiese plante soos die "curly wurlies", "pig's ears" en "horse's teeth" maak deel uit van die uitstalling.

 

          

Aan't Dorpseind B&B 2016

Our website is protected by DMC Firewall!